Pages 5 and 6
Read EVERY relevant Scripture in the last chapters of the four Gospels, in textual sequence put together in chronological and logical, historical order, word for word, verse by verse, context to context, using the King James Version interlinear with the Greek, and every shadow of doubt about Christ's perfect fulfilment of the Passover of Yahweh's "three days thick darkness" is dispelled sola Scriptura as per the Article of the Christian Confession of Faith, I believe in Christ, who was crucified, who died and was buried, and who “ROSE from the dead according to the Scriptures THE THIRD DAY”!
Voorwoord
My bedoeling met hierdie ‘sinoptiese samestelling’ is nie om gemaklike Afrikaans te skryf nie. Ek probeer om so eenvoudig maar letterlik as moontlik, ondubbelsinnig en verstaanbaar net wat die Teks sê, weer te gee. Mag God gee dat ek nie op onwaaragtige wyse met Sy Geskrewe Woord, te werk gegaan het nie, sodat die mens se denke na die Woord van God gerig mag word, en nie God se Woord na die denke van die mens nie.
Samevatting van die Evangelies behoort ’n samevatting van die Ou- en Nuwe-Testamente te wees, want net één Verlossingsverhaal van net één Verlosser God en Skepper van al sy uitverkorenes van alle tye, loop deur die hele Bybel. Die verlossingsverhaal is dié van Jesus Christus “Ons Pasgalam”, in die Evangelies sowel as in die Wet. Die Seëvierende Lyding van die Pasgalam van God is die hele en enigste Bybelboodskap.
“God is ’n Vaste Burg” vir “gesonde verstand” (Luther) in ’n wêreld van Katolisisme en Islam en vele ander feitlose en futlose humanistiese wêreldgodsdienste. Hierteenoor maak Die Laaste Pasga-Lyding van Jesus Christus die oomblik van waarheid vir die Evangelie van Jesus uit. Hier seëvier die Heiland eskatologies of, en, faal Hy soteriologies—God verhoed selfs die gedagte van laasgenoemde onmoontlikheid. Want die Evangelie van Jesus Christus is in God se Ewige Raadsbesluit vir Triomf en Glorie beplan, bepaal en beskik in geskiedenis van die verlossing van sondaars, en was in Hom en deur Hom in ons wêreld en tyd uitgevoer, bewaarheid en volmaak.
Deur die genade van God staan ek by my oortuiging dat alle Waarheid soos in God in Christus Jesus bevat en geopenbaar, erfenis van sy Kerk gemaak was toe God Christus, terwyl Hy Hom uit die dood uit opgewek het, “aan die Kerk gegee het as Hoof” Efesiërs 1—te wete in die laaste dae voor Hy weer sal kom, aan die Gereformeerd Protestantse Gemeentes van Christus.
Inleiding:
Eerstens is ‘Die Hart van die Evangelie’ ’n (objektiewe) versameling van die Skrifture daaroor uit die vier Evangelies.
Tweedens is dit ’n (objektiewe) samestelling van hierdie Skrifture volgens individuele Evangelies en geskrewe Teks, in parallel—
(gedeeltes met leringe sonder invloed op volgorde so objektief ek kon uitgesluit), en
volgens werklike en historiese en logiese volgorde (so objektief ek kon), naas mekaar gerangskik—
. . . wat toe uiteindelik uitgeloop en neergekom het op hierdie resultaat in presiese ooreenkoms en ooreenstemming tussen al vier Evangelies, wanneer gesamentlik en gelyktydig gelees.
[[Dit is hiermee, en nou, my doel om die kronologie, dit is, die historiese en logiese volgorde van gebeure tydens Jesus se laaste pasga, spesifiek, te beklemtoon en uit te lig. Om woorde en begrippe dus so na as moontlik in die lyne bymekaar te hou, moes ek die Teenwoordige Verlede Tyd baie keer vir die gewone Griekse verlede tye gebruik het.]]